Upcoming Dates

Music

Available Now →

'Castles & Towers'

cd

News + Headlines

Castles & Towers – Album Resensie: Schalk Maas

Castles en Towers, 'n mondvol stories, 'n stem wat nostalgies herinner aan Cerys Matthews in die dae van Catatonia.  Liedjie titels soos Robin's Avenue, Diamonds, Pick Daisies, This Ship's not Sinking; laat jou dink aan 'n  kreatiewe ontploffing reg in die middel van jou lewe, met die laasgenoemde liedjie onderwerp wat op 'n manier die deursettings vermoë van Suid-Afrikaanse kunstenaars beskryf en strook met haar eie uitdagings in die bedryf.  En sommer 'n impulsiewe  vragie wat ek nie kan systap nie… hoekom die regering nie in Suid-Afrikaanse kunstenaars 'n ekonomie sien nie?!  Robins Avenue is nostalgies. 

Pick Daisies is 'n kleurvolle huppel van hoop en drome. So soet!

Heather Waters is een van die mees onderskatte gras kunstenaars.  Die produksie van Castle & Towers is haar beste tot op hede en,die Here hoor my, ek glo dat die oor wat nog nie na haar werk geluister het nie, 'n doktersafspraak agter is.  Ek glo ook…dat daar nog oppad is, nog baie.  'n Eiesoortige kreatiewe siel met 'n boek vol stories, met unieke deuntjies, met nog baie om te gee.

My slotsom is…koop Castle & Towers.  Gooi vir jou 'n glas wyn, druk die album in jou musiekfabriek, teen volume, en luister hom deur. Jy sal deel voel, soos ek. 'n altenatief.  Koop die album, en begin jou versameling van Heather Waters vandag, want eendag gaan jy glad nie spyt wees nie… 

'Well done guys!'  Goeie werk! My gunsteling…The Talking Song.

-Schalk Maas-

January 2016

 

schalk maas

Date →
Jan 30
Tags →